Ongehinderde vasberadenheid
Een van die groot voordele om by die Moody Bybelinstituut te studeer, is om te hoor van al die gegradueerdes wat daar klaargemaak en die wêreld vir Christus beïnvloed het. Die verhale van hulle selfopoffering, volharding en passie vir die evangelie, was werklik inspirerend. Gedurende die laaste jare van die 19de eeu het Mary McLeod Bethune vir twee jaar by…
hoogtegno kommunikasie
Wanneer dit vandag by kommunikasie kom, is ons wêreld besig om al meer hoogtegnies te raak. Die gewildheid van Twitter, Facebook en die Internet mag persone laat dink dat die Bybel outyds geword het. Die tegnologies ingestelde mense in ons wêreld mag voel dat die Bybel uitgediend is, omdat al die moderne dinge nie daarin genoem word nie, maar die…
’n waardevolle offerande
Ek was baie dankbaar toe ek gehoor het dat ’n vriend ’n Bybel aan my buurvrou gegee het. Maar toe sê sy vir my dat sy opgehou het om die Bybel te lees, omdat sy nie kon verstaan waarom die Here nie Kain se offer wou aanvaar nie. “Hy is immers ’n boer” het sy gesê, “en as ’n boer…
Die Soektog na Voldoening
Wanneer ons ’n legkaart bou, dan weet ons dat al die stukke nodig is as jy dit suksesvol wil voltooi. In baie opsigte is die lewe ook so. Ons spandeer ons dae om al die los stukke ineen te voeg, sodat ons ’n volmaakte geheel uit al die los dele tot stand kan bring. En tog, soms wil dit voorkom…
Ons medevlieënier?
Die bufferplakker, Jesus is my medevlieënier, word seker goed bedoel, maar dit het my nog altyd gehinder. As ek self in die beheer van my lewe is en agter die stuurwiel sit, is my bestemming onseker. Jesus is nie bedoel om net ’n mede-vlieënier te wees en net nou en dan raad te gee nie. Nee, Hy moet altyd agter…
Agente vir verandering
Na vier jare in die kweekskool het ek my eerste bediening ingestap met baie op my agenda. As ’n nuwe pastoor het ek my verbeel dat dit my taak is om die hele omgewing te verander. Maar in plaas daarvan het God daardie gemeente gebruik om my te verander. Die raadslede was ondersteunend, maar ek moes baie leer en hulle…
om God Lief te hê
Kort nadat ons getroud is, het ek gedink ek weet hoe om ’n kortpad na my vrou se hart te neem. Ek het een aand by die huis aangekom met ’n pragtige bos rooi rose agter my rug. Toe ek die blomme aan Martie gegee het, het sy my hartlik bedank, aan die rose geruik en die blomme toe na…
wie is jy?
Indien iemand jou sou vra: “Wie is jy?” sou jy iets van jouself vertel en wat jy doen. Miskien sou jy sê: “Ek’s ’n elektrisiën” of “Ek’s ’n verpleegster.” Maar dis nie regtig wie jy is nie – dis wat jy doen. Dit lei ons na die vraag: As jy is wat jy doen, wat sal jy dan wees as…
tot redding kom
Ek en Martie het onlangs verskeie groot wêreldstede besoek en ons is diep getref deur die toestand van die wêreld. Daar is letterlik miljoene mense wat nog nooit van Jesus en sy reddende genade gehoor het nie. Die gedagte om die wêreld vir Christus te bereik, het meteens vir ons onmoontlik gevoel. Maar toe het ek die storie van die…
hardloop in die regte rigting
Een van die moeilikste ondervindinge wat ek as pastoor gehad het, was toe ek aan ’n vrou moes gaan vertel dat haar man, haar seun en haar skoonpa verdrink het toe die bootjie waarop hulle gevaar het, gesink het. Ek het geweet die nuus sou vir haar ’n verpletterende slag wees. In die dae na die ongeluk, was ek verbaas…